Oor ons
Mooi & Bosch bied een privaat suite in die prentjiemooi Mooivallei Park, Potchefstroom. Ons is in 4 Makoustraat, stapafstand van Vida Café, Woolies Food, Kauai, Dis-Chem en die padel-bane, en 2 km van Noordwes-Universiteit en Potchefstroom Gimnasium Hoërskool. Die privaat suite is ideaal vir ouers, studente, sportgeleenthede en sakereisigers. Met veilige parkering en ’n huislike, vriendelike gevoel is Mooi & Bosch die perfekte kombinasie van sjarme en gerief. Jou rustige blyplek in Potchefstroom wag op jou!